Sondag 03 Maart 2024

Houtkruis

Deur die via Dolorosa gestap

oor stene uit klippe gekap,

kniel langs die Koning se kruis

'wyl 'n storm oor Golgota ruis.


Daar is die ruwe krusifiks van eik

grof, onafgewerk wat na die hemel reik

met bloedvlekke op die hout

en my Heer se trane, sout.


Die angs en die pyn,

die dors se suur asyn,

plek van beproewing

van  lyding, vernedering ... vergewing.


Maar die lug trek oop

die houtsuil se stille hoop

dit is die houtkruis, die redding, die leiding

die boodskap van bevryding.




Kopiereg: Marie  Greyvenstein

2 opmerkings:

Nuutste

ODE aan Liezel

  Net een laaste verfstryk op die groot doek, een laaste punt in jou lewensboek. Een laaste noot uit Bach se werk, alles om ons wys jo...