Deur die via Dolorosa gestap
oor stene uit klippe gekap,
kniel langs die Koning se kruis
'wyl 'n storm oor Golgota ruis.
Daar is die ruwe krusifiks van eik
grof, onafgewerk wat na die hemel reik
met bloedvlekke op die hout
en my Heer se trane, sout.
Die angs en die pyn,
die dors se suur asyn,
plek van beproewing
van lyding, vernedering ... vergewing.
Maar die lug trek oop
die houtsuil se stille hoop
dit is die houtkruis, die redding, die leiding
die boodskap van bevryding.
Kopiereg: Marie Greyvenstein
Pragtig Marie!
AntwoordVee uitBaie dankie Marius!
AntwoordVee uit