Woensdag 13 Maart 2024

Ontvlugting

 As bekommernis op my skouers druk,

my voete abrub onder my uitruk,

smart en vrees 'n sware juk,

dan is die wye oseaan my kruk!


As stiltes oor die aarde vee,

ek in die skemering oor duine tree,

hoor ek die gedruis wat lewe gee,

die bewegende water uit die see!


Kopiereg: Marie  Greyvenstein



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Nuutste

ODE aan Liezel

  Net een laaste verfstryk op die groot doek, een laaste punt in jou lewensboek. Een laaste noot uit Bach se werk, alles om ons wys jo...