Marie Greyvenstein
Ek is gebore op 12 Januarie 1968 te Benoni aan die Gautengse Oosrand waar ek ook opgroei, skoolgaan en later in die huwelik tree.
Ek verhuis met my man en seun na Alexandria in die Ooskaap gedurende 1992. Dit is gedurende hierdie tyd dat my belangstelling in skryfwerk na vore kom.
Na die geboorte van my dogter gedurende 2000 begin ek voluit skryf; kruie resepte, geskiedenis, genealogie, kortverhale, ensovoorts.
Tot op hede het ek 8 boeke gepubliseer. My eerste digbundel het onlangs verskyn en ek deel graag my gedigte op hierdie blog.

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking