Dinsdag 13 Augustus 2024

Afrika plaas

 

‘n Tarentaal se kras alarmroep

 onder kameeldoring se blaarsambreel

 wanneer beeste bulkend huistoe troep,

veilig’ slaapplek in die kraal te deel.

 

Afrika natuur toneel                 

waar hanslammers knuppeldik gesuip

uitbundig in die lang gras  speel

‘wyl die laaste strale oor hulle koppe kruip.

   

Ligstrale sak stadig oor die westerkim,

goue mielielandebaai in die sakkende son

se laaste oranje glim;

vir eers die nagsê van ‘n lewensbron.

 

Agter die maan wink ‘n grys wolkbank

in gedagtes klink die veraf klank

van ‘n tarentaal se kras alarmroep

onder kameeldoring se blaarsambreel!

 

© Marie Greyvenstein

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Nuutste

ODE aan Liezel

  Net een laaste verfstryk op die groot doek, een laaste punt in jou lewensboek. Een laaste noot uit Bach se werk, alles om ons wys jo...