Woensdag 28 Februarie 2024

Skimme


Saans

as die mense wat ek liefhet

my drome vol kom staan

en uit elke steeg en straat

stemloos met my praat


Soggens

as die mense wat ek liefhet

soos skimme voor die son verdwyn

en ek met heimwee

'n verdrietige traan van my wange vee


Kopiereg; Marie Greyvenstein

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Nuutste

ODE aan Liezel

  Net een laaste verfstryk op die groot doek, een laaste punt in jou lewensboek. Een laaste noot uit Bach se werk, alles om ons wys jo...