saggies skerts en speel die windjie
deur die blare van die boom
goue blaar nie goed geheg nie
gaan met die bries op reis
dwarsoor Swellengrebelstraat
draaiend oor De Groote Wagenweg
op vlerke na die ou Drostdy
en oor die Korenlandsrivier
so toer die akkerboom se blaar
op sy rit na Langeberg
en by die ou wabrugdrif
begin die wind se sterkte taan
stadig spiraal die akkerblaar
grondwaarts ... af ... af ... af
vertrap deur skoen en wiel
hy sterf ...
sy reis verby
Kopiereg Marie Greyvenstein