Dinsdag 28 Januarie 2025

ODE aan Liezel

 

Net een laaste verfstryk op die groot doek,

een laaste punt in jou lewensboek.

Een laaste noot uit Bach se werk,

alles om ons wys jou merk.

 

Kunstenaar, natuurmens, eenkantmens

aan jou slegs een laaste wens;

mag waar die visarend oor bosse sweef

ook jou siel, vir ewig leef!

 

R.I.V Liezel van der Merwe


©Marie Greyvenstein


Dinsdag 15 Oktober 2024

Haikoe

 

aarde  bar en kaal

en winter wind se asem

fluister koud my naam…

Dinsdag 03 September 2024

Die wind by Golgota

Saggies huil die wind oor Golgota se kruin,                                                                              wenend oor ‘n onskuldige se pyn.                                                                                              Snikkende klank vol smart en lyding,                                                                                      ‘n droewige lied van ‘n bittere tyding.


Suisend, sag deur gras en blaar,
      soekend na die treurende skaar,
           maar daar is slegs stilte
                   in die wind se doodse kilte.

‘n Heuwel in donker verlate gevind
         en die verdrietige wind
                 waai sy koue asem deur die nag
                         oor ‘n kruis wat leeg daar wag.

Ⓒ Marie Greyvenstein

Maandag 02 September 2024

Bly

 'You are not allowed to go'

hulle wil die boere in die kolonie hou

Britse onderdaan moet hy bly

anders gaan hy moeilikheid kry!


Die eerste waens is lank reeds vort

toe die goewerment hom wend tot die kôrt

hulle plaas in die Government Gazette

toe 'n nuwe wet.


Op jou kakebeenwa, nie meer as 100 pond kruit,

maar die trekkers wil die Ooskaap uit!

Daar is niks wat hulle keer

versteek die kruit, lood en geweer.


Ⓒ Marie Greyvenstein

Voetnota: Kôrt is die verafrikaans van court - ter wille van rym.


Donderdag 29 Augustus 2024

Ooskaap

 

die droë, hitte van die uitgestrekte Karoo

tot die vlaktes van die Camdeboo,

digte Tsitsikamma woud

en suidelike Drakensberg se majestieuse koud

 

sonskyndae aan die ongerepte kus,

 selfs winter, vir die oog ‘n lus

aalwyne se oranje vuur

wat vlam soos ‘n brandend’ muur

 

groot 5 in Addo-, Pumba- en Samara park

ideaal vir die toerisme mark

prag en avontuur, wonderskoon

vriendelike mense wat hier woon!

 

© Marie Greyvenstein

Vrydag 23 Augustus 2024

Winter sorrow (For Gerda)

 

The world is draped in icy white,

the canvas cold, devoid of light

but in this cold, a quiet grace

a moment’s peace, a still embrace

for in the depths of winter’s night,

a glimmer of hope in distant light,

a promise of what the spring will bring;

a thaw to winter’s icy sting!

 

©Marie Greyvenstein

Dinsdag 13 Augustus 2024

Afrika plaas

 

‘n Tarentaal se kras alarmroep

 onder kameeldoring se blaarsambreel

 wanneer beeste bulkend huistoe troep,

veilig’ slaapplek in die kraal te deel.

 

Afrika natuur toneel                 

waar hanslammers knuppeldik gesuip

uitbundig in die lang gras  speel

‘wyl die laaste strale oor hulle koppe kruip.

   

Ligstrale sak stadig oor die westerkim,

goue mielielandebaai in die sakkende son

se laaste oranje glim;

vir eers die nagsê van ‘n lewensbron.

 

Agter die maan wink ‘n grys wolkbank

in gedagtes klink die veraf klank

van ‘n tarentaal se kras alarmroep

onder kameeldoring se blaarsambreel!

 

© Marie Greyvenstein

Nuutste

ODE aan Liezel

  Net een laaste verfstryk op die groot doek, een laaste punt in jou lewensboek. Een laaste noot uit Bach se werk, alles om ons wys jo...