aarde bar en kaal
en winter wind se asem
fluister koud my naam…
Ek is lief vir my taal daarom die voortdurende drang om te skryf en my skrywes te deel met ander wat soos ek ook 'n passie het daarvoor. Dit wat ek uit my pen voortbring, my woorde, gee ek as blywende teken van dit wat in my gedagtes leef. Ek het onlangs ook 'n paar Engelse gedigte begin neerpen en ek deel van hulle hier.
Net een laaste verfstryk op die groot doek, een laaste punt in jou lewensboek. Een laaste noot uit Bach se werk, alles om ons wys jo...