Saggies huil die wind oor Golgota se kruin, wenend oor ‘n onskuldige se pyn. Snikkende klank vol smart en lyding, ‘n droewige lied van ‘n bittere tyding.
Suisend, sag deur gras en blaar,
soekend na die treurende skaar,
maar daar is slegs stilte
in die wind se doodse kilte.
‘n Heuwel in donker verlate gevind
en die verdrietige wind
waai sy koue asem deur die nag
oor ‘n kruis wat leeg daar wag.