Herfs se kleure, goud en geel
wat somer se warm dae steel.
Droё blare wat in die windjie speel,
en vroegaand bibber met die winter deel.
As boomstamme kaal en naak
oor dorre velde waak,
yskristalle onder voete kraak,
soek koue donker binne wraak!
Kopiereg: Marie Greyvenstein