langs die bergrivier gestaan.
Groen takkies beur al hoër,
wortels wat diep in die water staan.
En eendag kom daarlanges
'n houtkapper met sy byl verby,
kap takke vir sy vuurtjie
terwyl boompie teen 'n harstraan stry.
Ook het die loop van jare
die ouderdom gebring.
Die boompie word al ouer,
verminkte lewenskring.
Die doringboom is nou bejaard
en tyd stap stadig aan,
doringreus se bas word broos en bros
as jare kom en gaan.
Kopiereg: Marie Greyvenstein
Vergewe en vergeet van Totius was die inspirasie vir hierdie gedig.